Met die einde van die belastingjaar wat in sig is, herinner ons graag aan die sperdatum vir addisionele bybetalings tot belastingvrye spaarrekeninge en uittree-annuïteite.
Addisionele bydraes tot aftreefondse is veral ‘n goeie idee nadat die twee pot stelsel geïmplementeer is op 1 September 2024, wat lede toelaat om fondse vanuit hul annuïteit se spaarkomponent te onttrek. Volgens SARS is ‘n totaal van R35 miljard tussen September en November 2024 deur Suid-Afrikaners onttrek wat ‘n negatiewe impak op aftreespaargeld het.
‘n Addisionele bydrae tot jou aftreefonds is ‘n geleentheid om op te maak vir enige geld wat onttrek is en om beter voorsiening vir jou aftrede te maak.
Uittree-annuïteite:
- Jy kan R350 000 of 27.5% van jou belastingbare inkomste (afhangende van watter bedrag die laagste is) per jaar bydra
- Opbrengs is belastingvry
- Dus kan jy spaar op belasting in die langtermyn
Belastingvrye spaarrekeninge:
- Jy kan ‘n maksimum van R36 000 bydra tydens die belastingjaar
- Byvoorbeeld: indien jy ‘n maandelikse bydrae van R1 000 het, kan jy ‘n addisionele R24 000 bydra voor die einde van die belastingjaar
- Die voordeel is ‘n lewenslange belastingvrye limiet van R500 000 per persoon, so hoe meer jy bydra, hoe groter die belasting voordeel
Ons beveel dus sterk aan dat jy dit oorweeg om addisionele bybetalings te maak voor 28 Febuarie 2025, om die maksimum belastingvrye voordele te geniet. Stel ons asb so gou moontlik in kennis indien jy addisionele bydraes wil maak tot jou beleggings sodat ons die instruksies betyds kan afhandel. Kontak ons gerus om seker te maak watter bedrag jy nog kan bydra indien jy onseker is.
